225 g sampioene, in skywe gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 groen soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 geel soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
3 salotte, fyn opgesny
450 g fusilli of spaghetti
10 stingeluie, in stukkies gesny
8 knoffelhuisies, grof opgekap
125 mℓ vars basiliekruid, opgeskeur
30 mℓ vars oregano
1 liter gekapte tamaties
Sout en swartpeper na smaak
Basiliekruid en klein tamaties vir garnering
60 mℓ olyfolie
Kook die pasta volgens aanwysings en hou eenkant.
Verhit die olie en braai die sampioene, soetrissies, salotte, uie, knoffel, basilie en oregano daarin tot dit begin verbruin.
Gooi die tamaties by en bring tot kookpunt.
Stel die hitte so laag as moontlik en prut met die deksel af vir 20 minute.
Geur met sout en swartpeper.
Bedien die sous oor die pasta.
Garneer met die basilie en tamaties.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
12/20/2014
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment