Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/11/2014

Hoender met lensies en soetrissie

Op die oog af mag jy dalk dink die gereg is nie smaaklik nie. Probeer dit! Jy gaan dit weer agterna maak.

250 g lensies
30 mℓ olyfolie
1 rooi ui, fyngekap
1 rooi soetrissie, fyngekap
500 g hoenderborsies, in blokke gesny
sout
varsgemaalde swartpeper
90 mℓ olyfolie
90 mℓ balsemasyn
30 mℓ fyngekapte kruisement
1 fyngekapte knoffelhuisie
200 g feta, in blokkies gesny

Kook die lensies in water tot sag – dit neem omtrent 30 minute.
Dreineer die lensies en hou dit eenkant warm.

Verhit die 30 mℓ olyfolie in ’n pan en braai die ui en soetrissie daarin vir 5 minute.
Voeg die hoender by en geur die met sout en peper.
Voeg die res van die olyfolie en balsemasyn by en draai die hitte laer. Laat dit so sonder deksel prut vir 30 minute.

Verwyder die gereg van die hitte en roer die kruisement, knoffel en lensies by.
Strooi die feta oor en bedien dadelik.

Hierdie resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment