Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/07/2015

Kaas botterbroodjies / Cheese scone

500 mℓ meel
60 g botter
125 mℓ cheddar
15 mℓ bakpoeier
1 eier
melk om mee te meng
sout

Sif die meel, sout en bakpoeier saam.
Vryf die botter nou liggies in. Hou die mengsel so koel as moontlik.
Voeg die kaas by.
Gebruik nou ’n mes om die beslag aan te maak met die eier en melk. Dit moet nie te styf wees nie. Knie enige barsies uit.
Druk dit nou plat en sny of druk patrone uit.
Bak in ’n warm oond by 200°C tot die botterbroodjies begin liggeel raak.



(foto Mark Skipper)

No comments :

Post a Comment