Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/06/2015

Maak Vyf: 1 Bestanddeel = 5 Resepte

Maak Vyf bevat eenvoudige en maklike resepte van bekende bestanddele wat elk op vyf verskillende maniere gebruik word.

Die boek fokus op ’n seleksie van alledaagse bestanddele soos geblikte vis, hoenderfilette, eiers, pasta, rys, droë boontjies, botterskorsie en tamaties om net ’n paar te noem.

Die resepte strek van vinnige maaltye, bygeregte en slaaie tot hoofgeregte, kosblikidees en ligte maaltye. Met selfs ’n lekker bederfie hier en daar.

Die laaste gedeelte bevat basiese resepte wat dan op 5 veskillende maniere gebruik kan word, soos byvoorbeeld brooddeeg, koekbeslag, koekiedeeg en maalvleis.

Die boek sal mense aanmoedig om gesonde geregte vir die hele gesin te maak.

Dit bevat ook wenke vir die komposhoop en erdwurmplaas – geskik vir die “groentye” waarin ons leef.



Maak Vyf: 1 Bestanddeel = 5 Resepte / deur Heleen Meyer -- Human & Rousseau, 21 Julie 2014. -- 192 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798165310

No comments :

Post a Comment