Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/14/2015

Oosterse roerbraai met maalvleis en pasta

750 mℓ spiraalpasta
7 stingeluie, in 5 cm stukke gesny
3 stokke seldery, in 2,5 cm stukke gesny
60 g gevriesde ertjies, afgespoel onder warm water
450 g maalvleis
45 mℓ sojasous
1 mℓ fyngemaalde gemmer
225 g tamatiesous
3 tamaties, in kwarte gesny
120 g gerasperde kaas
1 groen soetrissie, in dun repies gesny

Kook die pasta volgens die aanwysings op die vepakking.
Dreineer en hou eenkant.



Roerbraai die maalvleis, uie, sojasous, seldery en gemmer saam tot die vleis verbruin.
Hou die mengsel eenkant.

Kook die ertjies en tamatiesous saam vir 5 minute in dieselfde wok / pan.

Kombineer die mengsel en gooi die pasta, tamaties en ¾ van die kaas by en roerbraai versigtig. Laat dit kook vir ’n minuut.
Roer die soetrissie by en strooi dan die res van die kaas oor.
Laat dit oor lae hitte kook tot alles verhit is.

Foto: Clemens V. Vogelsang

No comments :

Post a Comment