Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/13/2015

Ossobuco : soos hulle dit in Milaan maak / Osso buco

50 g botter
4 kalfskenkels
15 mℓ meel
Sout en peper
100 mℓ witwyn
200 g geblikte tamaties, fyngedruk
1 knoffelhuisie, fyngedruk
’n hand vol vars pietersielie, fyngekap
Die gerasperde skil van ½ suurlemoen

Verhit die botter in ’n swaarboompan, strooi die meel oor die skenkels en verbruin die skenkels aan alle kante in die botter.
Geur met sout en peper.
Gooi die wyn by en wanneer die helfte van die wyn weggekook het gooi jy die tamaties by. Sit die deksel op en kook stadig tot die vleis omtrent van die beenaf val. Dit sal so 1 tot 1½ uur neem. Indien die vloeistof bietjie min lyk, gooi ’n bietjie water by.

Meng die knoffel, pietersielie en suurlemoen. Strooi dit oor die vleis en laat dit verder kook vir 5 minute. Moet dit nie roer nie.

Ossobuco moet warm bedien word saam met rys.


No comments :

Post a Comment