Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/08/2015

Gebraaide paddaboudjies

500 g paddaboudjies
250 mℓ droë witwyn
2 eiers, geklits
’n bietjie melk
’n bietjie meel
Sout
Olie

Laat die paddaboudjies in die wyn marineer vir ’n paar uur.
Meng die eiers met genoeg melk en meel en ’n knippie sout om ’n deeg te maak waarin jy die paddaboudjies kan doop voor jy dit braai.
Droog die paddaboudjies af wanneer jy dit uit die wyn haal.
Verhit die olie in ’n pan en doop die paddaboudjies in die deeg voor jy dit braai.
Dreineer die boudjies op handdoekpapier en bedien terwyl dit nog warm is.

No comments :

Post a Comment