Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/07/2015

Parmentier eiers

Kook groot aartappels tot gaar. Een vir elke gas.
Wanneer die afgekoel het trek jy die skil af en sny elkeen in die helfte in die lengte.
Hol elke helfte uit sodat die holte ’n eier kan hou.
Gooi bietjie gesmelte botter in elke holte, strooi bietjie gerasperde kaas oor en gebraaide spek wat in klein stukkies gesny is.
Breek nou ’n eier in elke holte en strooi broodkrummels oor. Geur met sout en peper.
Bak in ’n warm oond of onder ’n oondrooster tot die eier gestol het en die broodkrummels verbruin.

No comments :

Post a Comment