Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/02/2015

Geheime van 'n Franse kookklas

Kraakvars lig, ’n oorvloed wilde blomme en ’n asemrowende keuse van vars produkte – dis lente in die Middeleeuse dorpie Charroux in die Allier-département van Frankryk, waar Marlene van der Westhuizen jou uitnooi om ’n blik op die binnewerke van haar vyftigste kookklas te steel.

Volg Marlene en haar kosvriendelike reisigers met 80 nuwe resepte (insluitend Filette de sole Bonne Femme, Vroegherfs-hoender en Appelblinis) soos hulle die sluier van die onderskatte weelde van Franse kookkuns, eet en leefstyl lig. Leer om die kosmarkte te navigeer, vir pragtige antieke ware te onderhandel, wonderlike maaltye te maak en voor te sit en om elke aspek van lewe in ’n Franse dorpie met grasie en betowering te geniet.



Geheime van ’n Franse kookklas / deur Marlene van der Westhuizen -- Human & Rousseau, 25 November 2014. -- 208 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798165334

No comments :

Post a Comment