1 tamatie, ontpit en in stukkies gesny
15 mℓ olyfolie
1 klein ui, fyngekap
5 mℓ gedroogde basilie
Knypie gedroogde oreganum
75 mℓ pasta-rys, gekook volgens aanwysings op die verpakking
75 mℓ swart olywe, ontpit en fyngekap
8 eiers, geklits en gegeur met 2 mℓ sout en ’n knypie peper
30 mℓ botter
60 g gerasperde mozzarella
Verhit die olyfolie in ’n diep pan en braai die uie daarin tot sag.
Voeg die tamatie, basilie en oreganum by en roerbraai vir ’n verdere 3 minute.
Roer die pasta en olywe by.
Gooi hierdie mengsel by die geklitste eiers.
Verhit die botter nou in die pan en gooi dan die mengsel terug in die pan.
Strooi die mozzarella en kook vir sowat 10 minute; tot die eier gestol het.
Verbruin onder ’n oondrooster vir 2 minute en bedien.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment