Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

3/16/2015

Geurige wortels

250 g wortels, geskil en in klein julienne-repies gesny
1 raap, geskil en in julienne-repies gesny
150 mℓ water
45 mℓ botter
15 mℓ vars tiemie of 2 mℓ gedroogde tiemie
’n knypie sout
’n knypie varsgemaalde swartpeper

Plaas die wortels en raap in ’n souspan en gooi die water by.
Bring tot kookpunt en stel dan die hitte laer – prut op medium vir 8 minute.
Dreineer die groente in ’n vergiettes.

Smelt die botter in die pan en roer dan die tiemie en sout en peper by.
Gooi die groente by en meng versigtig om die groente met die botter te bedek. Probeer om nie die groente te veel te breek nie.

Bedien dadelik

No comments :

Post a Comment