Hierdie sous is ideaal vir warm of koue vleis en geposjeerde of gestoomde vis.
1 hardgekookte eier, fyngekap
2 ansjovis-filette, fyngekap
5 mℓ kappertjiesaad, fyngekap
’n hand vol pietersielie, fyngekap
30 mℓ fyn broodkrummels geweek in 30 mℓ witwyn asyn, druk die asyn uit voor jy die broodkrummels gebruik
Olyfolie
Sout
Meng die eier, ansjovis, kappertjies, pietersielie en broodkrummels saam.
Klop nou die olyfolie bietjie vir bietjie by tot die sous romerig raak.
Geur met sout na smaak en laat ten minste 2 uur lank staan voor jy dit gebruik.
Kortpad: Dis natuurlik baie makliker om hierdie sous sommer in n voedselverwerker te maak.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

No comments :
Post a Comment