Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/23/2015

Pampoen en ricotta fillo-rolle

Hierdie kan ’n heerlike warm nagereg wees, bestrooi met versiersuiker, of dit kan dien as groente by vleis.

Voorbereidingstyd: 45 minute
Baktyd: 25 minute
Bedien: dit lewer 12 groot porsies of 24 kleiner porsies

Fillo-rolle:
6 velle fillo-deeg
125 mℓ gesmelte botter

Vulsel:
375 mℓ pampoen in blokkies gesny
125 mℓ water
’n knippie sout
375 mℓ ricotta of roomkaas
2 eiers
5 mℓ fyngemaalde kaneel
2,5 mℓ gemengde speserye
1 mℓ fyngemaalde gemmer
1 mℓ fyngemaalde neutmuskaat
60 mℓ suiker – vir as dit as nagereg gebruik word, anders gebruik jy slegs 30 mℓ suiker

Garnering:
60 mℓ gekapte amandels
Versiersuiker om oor die nagereg te strooi
Geklopte room vir die nagereg

Bring die pampoen, water en sout tot kookpunt in ’n kastrol.
Verlaag nou die hitte, plaas die deksel op en laat dit kook tot die pampoen sag, maar nog ferm is. Hou eenkant om af te koel.

Meng al die bestanddele vir die vulsel goed saam, tot jy met ’n gladde mengsel sit.
Voeg nou die pampoen by en meng, sonder om die pampoen te veel te breek.

Plaas 2 velle fillo op ’n werkoppervlak met die korter kant na jou toe. Smeer dit liggies met die botter en skep omtrent ⅓ van die vulsel daarop, 2 cm weg van die kant in ’n wors-vorm in die middel van die vel. Vou die kante nou na die vulsel toe sodat dit in die middel ontmoet. Rol dan die velle netjies op van onder af en plaas op die bakplaat.
Verf botter oor en strooi amandels oor.
Doen dieselfde met die oorblywende velle en vulsel.
Bak by 160°C vir 12 tot 15 minute tot goudbruin.

Indien jy dit as nagereg gebruik sif jy die versiersuiker oor die rolle. Dit kan dan warm of koud bedien word saam met room.



Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com Die afleweringskoste is slegs R50.

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows). Die koste van die CD beloop R300 (afleweringskoste ingesluit.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment