Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/12/2015

Sjokoladepoeding met sous

Lewer 4 – 6 porsies

80 g botter of margarien
125 mℓ suiker
1 ekstragroot eier
375 mℓ koekmeelblom
10 mℓ bakpoeier
2 mℓ sout
45 mℓ kakao
200 mℓ melk

Sous:
80 mℓ suiker
15 mℓ kakao
375 mℓ warm water

Verroom die botter en suiker saam. Voeg die eier by en klits tot romerig.

Sif die meel, bakpoeier, sout en kakao saam.
Voeg by die eiermengsel, om die beurt met die melk. Meng goed en skep in ’n groot, gesmeerde oondvaste bak.

Sous:
Meng die suiker en kakao saam en sprinkel oor die deeg. Giet die warm water stadig oor die deeg, moenie roer nie.
Bak vir omtrent 45 minute in ’n voorverhitte oond teen 180°C of tot gaar.
Sit voor met vla of geklopte room indien verkies.

No comments :

Post a Comment