Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

4/26/2015

#SOF 2015 Bo-Kaap Meander

Die Bo-Kaap is ‘n kulturele juweel in die kroon van Kaapstad.

’n Bekende gesegde in die Bo-Kaap is: “die kombys is die hart van die hys.” Dit is hier waar die probleme opgelos word, stories vertel en resepte beproef, getoets en vervolmaak word.

Vanjaar vir die derde keer, neem die Bo-Kaap Meander jou op ’n 2-uur lange kos en kultuurtoer en verwelkom feesgangers in die huise van die Kaapse Maleiers wat vir meer as 300 jaar steeds hul kulturele geskiedenis, daaglikse tradisies, kos, kuns, kultuur en gesinslewe respekteer.

Die Bo-Kaap Meander bied feesgangers kulturele kleur, smaak, reuk en tekstuur wat uniek is aan Kaap-Maleise kookkuns. Kom laat toe dat die Suidoosterwind jou deur die strate van beeldskone Bo-Kaap laat dwarrel.

Vertrekpunt met bussies vanaf D.F Malan straat reg voor die Kunstekaap Teatersentrum.

Datum: 2 Mei
Kaartjies: R 280

Suidoosterfees 2015

No comments :

Post a Comment