Nostalgie is ’n woord wat gestalte kry sodra Niël Stemmet sy onthoukos op ’n bord skep. Hy is ’n kosskrywer, rubriekskrywer, fotojoernalis, wynplaas- en restaurantkonsultant, gastehuiseienaar, interieurkonsultant, versamelaar en reisiger wat glo in stories en kos. Hy versamel vergete resepte juis sodat dit sal voortleef in ons kosgeheue.
bitter+soet vertel die verhaal van Mietha Klaaste wat op ’n plaas naby Robertson groot geword het. Die verhaal neem ons terug na daar waar Mietha se ma, Sarah, Oumies en Oubaas se huis skoonmaak en haar pa die voorman op die plaas is. Die oudste seun, Johan, trou met sy nooi Susan en dan maak klein Daniël sy verskyning.
Die lief en leed van Mietha en Daniël word op kleurryke wyse vertel, met gedigte, rympies en liedjies toegelig, terwyl vergange dae se lekker erfeniskos resepte deel daarvan uitmaak. Die verhaal gee ’n kykie na die verlede, maar ook na die toekoms wat met hoop gevul is.
Met meer as 90 resepte wat wissel van asbrood, boerboksaal, snoektert, skaapribbetjie en tamatiebredie tot sagopoeding, is hierdie ’n boek vir lekkerlees maar ook vir inspirasie en byderhand hou in die kombuis.
bitter+soet is Niël se derde kookstorieboek ná sout+peper en agter+blad.
Plek: Stoep-restaurant, Sonpark, Nelspruit
Datum en tyd: Saterdag, 4 Julie om 12:00
Prys: Gratis (bespreek by 013 741 2551, slegs 100 plekke beskikbaar)
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
5/30/2015
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment