Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/29/2015

Wacky Wine Weekend @ Graham Beck

Geniet bekroonde wyne & Cap Classique-vonkels terwyl jy die unieke atmosfeer van hierdie groot proelokaal met sy indrukwekkende uitstalling van Graham Beck se privaat kunsversameling indrink.

Bederf jouself met eksklusiewe meesterklasproeë met ons wynmaker en ’n behaaglike paring van bekroonde wyne en puik proehappies.

Beleef ’n onvergeetlike sensoriese ervaring van gourmet delikatesse, top wyne en Cap Classique-vonkels terwyl jy musiek uit die boonste rakke geniet.
Vanjaar sal die beroemde sanger/liedjieskrywer Ard Matthews die gehoor bekoor met sy unieke stem en musiek. As voorman van Just Jinjer het hy gehore wêreldwyd aand sy voete gehad. Nou het jy die geleentheid om hom in lewende lywe op Graham Beck se Wacky Wine-verhoog te sien. Om die aand te rooiwyn open is daar twee van Kaapstad se gunsteling jazz- & bluesgroepe, True Blue en The Swingsetters. Saam met hierdie stervertonings is daar van Graham Beck se heerlike wyne en kos te koop.

Tel: 072 108 1251 e-pos: marguerite@grahambeckwines.co.za

No comments :

Post a Comment