Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/24/2015

Gemarineerde forel

In die noorde van Italië is hulle baie lief vir hierdie resep. Jy het 2 dae nodig hiervoor.

50 g sultanas, in louwarm water geweek vir 20 minute
4 forelle, binnegoed verwyder, skoongemaak en afgedroog
30 mℓ meel
200 mℓ olie
’n takkie roosmaryn
4 salie blare
½ ui, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyngekap
’n hand vol fyngekapte vars pietersielie
die gerasperde skil van ’n suurlemoen
250 mℓ witwynasyn
sout

Strooi die meel oor alle kante van die forelle.

Verhit 100 mℓ van die olie in ’n diep pan saam met die roosmaryn en salie. Wanneer die olie warm is verwyder jy die kruie. Braai die vis in die olie. Draai dit gereeld.

In ’n swaarboompot braai jy die uie in die ander 100 mℓ olie tot deurskynend.
Voeg nou die knoffel, pietersielie, suurlemoen, asyn en sout by. Die sultanas kom laaste by, nadat jy die water uitgedruk het. Prut dit alles saam vir ’n paar minute.
Gooi die marinade oor die vis, bedek en laat dit staan vir 24 uur.

Na 24 uur verwyder jy die vis uit die marinade en bedien.

No comments :

Post a Comment