Tonne sitrus, heerlike eetgoed soos kerrie afval, pap en kaiings, kerrie en rys, pannekoek, pap en lewer en vele meer word aangevul deur Oranjerivier Wynkelders se wyn. Skoonheidskompetisies vir 3 - 17 jaar, Bulletjie-rugby en Mini-netbal voltooi die sportsegment.
Kunstenaars wat optree sluit in Rocco de Villiers in konsert [Vrydagaand], Nedine blom met haar tribute aan ABBA, "Elvis" en Adam Tas.
'n Vlooimark en pretpark vir die kinders sorg vir ure se vermaak. Sondag sluit die fees af met 'n Gospelvertoning deur Francois en Elizabeth Fourie.
Inligting op die webblad www.proedieberg.co.za
(via roekeloos.co.za)
No comments :
Post a comment