Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/12/2015

Kalfsvleis in melk

Die melk in hierdie resep kan ook met room vervang word.

1 kg kalfsbors, in groot stukke gesny en oornag in koue water geweek
2 wortels, in kwarte gesny
2 uie, in kwarte gesny
1 bouquet garni
sout
850 mℓ aftreksel

Sous:
40 g botter
45 mℓ meel
2 eiergele
140 mℓ volroom melk
’n skeut suurlemoensap

Blansjeer die vleis, dreineer en spoel dit af.
Plaas nou die vleis in ’n groot kastrol en voeg die wortels, uie, bouquet garni, sout en genoeg aftreksel by om die vleis amper te bedek.
Maak die kastrol dig toe en prut 1¼ uur tot baie sag, dat die vleis loskom van die bene.
Verwyder die kastrol van die hitte, gooi die aftreksel af en behou. Verwyder ook die bouquet. Maak die kastrol weer dig toe.

As daar meer as 560 mℓ aftreksel oor is, kook dit af tot die regte hoeveelheid.

Om die sous te maak smelt jou die botter in ’n souspan, roer die meel by en laat dit kook vir ’n sekonde of twee.
Verwyder van die hitte en laat dit effens afkoel.

Plaas nou terug bronstig, gooi die aftreksel by en roer dit goed deur. Roer aanhoudend tot die sous kook. Kook dit vinnig vir 3 tot 4 minute tot dit die bestandheid van ’n dik room het. Verwyder weer van die hitte.

Meng die eiergele en die melk in ’n mengbak en gooi ’n klein bietjie van die warm sous by. Roer deur en gooi alles by die sous. Roer aanhoudend.
Proe vir geursel en gooi die suurlemoensap by.
Gooi nou die sous oor die vleis. Maak die kastrol weer dig toe en laat dit staan vir 15 minute.

Bedien die gereg saam met aartappels of rys.

No comments :

Post a Comment