Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

5/20/2015

Pere in fillo met ’n sjokolade glaseersel

Hierdie pere is elegant en onweerstaanbaar. Bedien room of roomys hiermee.

Voorbereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 30 minute in totaal
Lewer: 6 porsies

Fillo:
5 velle fillodeeg
125 mℓ gesmelte botter

Pere:
6 ryp pere
125 mℓ water
60 mℓ suiker
5 mℓ kaneel

Sjokolade glaseersel:
100 g donker sjokolade
Die pere se stroop wat jy oorgehou het
15 mℓ botter
5 mℓ vanieljegeursel

Skil die pere maar laat die stamme ongeskonde. Sny 'n stukkie van die basis van die elke peer om 'n plat basis te maak wat sal toelaat dat dit regop staan.
Plaas in 'n kastrol wat net grot genoeg is dat die pere lekker knus teen mekaar staan. Voeg die water, suiker en kaneel by en bring tot kookpunt.
Verminder die hitte en prut sowat 8 minute of tot dit sag genoeg is vir ’n vurk om in te gaan.
Lig die pere uit die strop, dreineer en laat afkoel. Behou die stroop vir die glasering.

Verhit die oond tot 160 ºC en smeer 'n bakplaat met botter.
Vou die blaaie fillodeeg gelyktydig in die lengte in die helfte, ontvou en sny deur die voulyn. Stapel op mekaar, vou in die helfte dwars, ontvou en sny deur die voulyn sodat jy 20velletjies het – 2 ekstra.
Borsel 6 velle met gesmelte botter en bedek met 'n tweede vel, sodat die punte uitsteek oor die reguit randte. Herhaal tot jy 6 stapels het wat elkeen uit 3 lae bestaan.
Plaas die pere regop in die middel van elke stapel en vou die deegpunte op en om die peer om ’n bondeltjie te maak. Druk dit liggies om die vorm te behou en verf met die res van die gesmelte botter.
Plaas dit op die bakplaat en bak 12 tot 15 minute of totdat die deeg strooikleurig is.
Breek die sjokolade in klein stukkies en plaas in ’n vuurvaste glasbeker.
Gooi die stroop en botter by, bedek en mikrogolf op medium-laag vir 2 minute of totdat die sjokolade versag. Roer tot dit ’n gladde glans het en drup dan ’n bietjie daarvan oor elke bondel net voor opdiening.

No comments :

Post a Comment