Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/10/2015

Aartappelslaai vir die winter / Potato Salad for Winter

Probeer hierdie resep vir aartappelslaai. Dis ’n Franse manier van doen en reg vir die winter.

Kook klein aartappeltjies in hulle skil. Daai klein rooierige aartappeltjies werk die beste.
Skil hulle vinnig as hulle klaar gekook het. En moet dit nie te lank kook nie, 20 minute is reg. Sny dit in ronde skywe.
Plaas 45 mℓ olyfolie, 15 mℓ asyn, 5 mℓ sout en , paar draaie swartpeper in ’n swaarboomkastrol. Verhit dit egalig, terwyl jy dit roer.
Voeg die aartappels by en draai dit een of twee keer om.
Nou voeg jy 5 mℓ fyngekapte pietersielie by en draai die aartappels weer. Dit moet nie kook nie, net warm word in die olie.
Verwyder dit van die hitte en bedien sodra dit effens afgekoel het.

Opsie: Jy kan ook ’n fyngekapte salot by die olyfolie gooi.

No comments :

Post a Comment