Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/09/2015

De Vette Mossel in die Vrystaat

Ondanks talle en herhaaldelike versoeke, doen De Vette Mossel slegs twee feeste in Suid-Afrika – die US Woordfees op Stellenbosch (waar die eienaar, Niel du Bois woon) en Bloemfontein, waar “die meeste en lekkerste van al ons Mossel-vriende is”.

‘n Reuse-tent word op die feesterrein opgerig, toegerus met ‘n verhoog, beligting en klank, gasverwarmers, ekslusiewe toilette, en tafels en stoele vir 330 mense. Nagenoeg 20 ton sand word gebruik om ‘n “beach” te skep terwyl nagenoeg 4 ton visnette en ander visvang-parafarnelië na Bloemfontein gebring word om die venue in tipiese Kaapse visvang-lapa te tooi.
In die opelug-kombuis, waar alle kos voor die gaste op oop vure voorberei word, brand ‘n reuse-vuur vir kole, hitte en geselligheid.
‘n Kontantkroeg , met sakpas-pryse is ook beskikbaar.

De Vette Mossel is landwyd bekend vir sy goeie en besondere smaaklike seekos. Alle kos word voor die gaste op oop vure gemaak. Gaste betaal ‘n eenmalige bedrag en eet dan vir drie uur soveel hulle wil – of kan! Die menu bestaan uit ‘n 8-gang, hoofsaaklik seekosmaal van 15 verskillende disse en wat as ‘n rollende buffet voorgesit word. Die Mossel se heel beste span kokke kom Bloemfontein toe! Die menu is:

Warm potbrode, wat die hele tyd net daar in swartpotte gebak word, met plaasbotter en konfyt, word deurlopend voorgesit.

1. Swartmosselvleis deurdrenk met knoffel-plaasbotter – hoe dan anders?
Swartmossel in halfskulp, gestoom in witwyn en uie - ook jou lepel.
2. Tradisionele vars-gebraaide Weskussnoek en Soet-soetpatats – net een manier en ons weet net hoe.
3. Seekospot met vier soorte vis, kalamari-repe en garnaalsterte – vir baie ons gunsteling-gereg
Warm groentegereg met melk en kaas – tot Vrystaatse boere eet dit.
Gegeurde groenterys – om die sousies op te vang.
Tuinslaai – dis seker ook nodig.
4. Vleispot met rys – vir dié wat nie seekos eet nie.
5. Vangs van die dag, met tartare sous - die kok sal sê.
6. Calamari-steak – dis hoe hy moet smaak.
7. Vrugtestukke – gly in jou keel af.
8. Koeksisters – ontplof in jou mond.
9. Koffie – Boeretroos. “Unfortunately, we don’t do tea”

Geregte word die een ná die ander op die oop vure voor die gaste voorberei en word onmiddellik daarna opgedien. Dit waarborg van-die-rooster-af-vars seekos – soos dit hoort.
Ons glo dat die enigste manier om seekos werklik te geniet, is met top-gehalte produkte perfek voorberei (net nie doodgebraai nie!), in oormaat, sand onder die voete en met ‘n glasie of twee van die Kaap se heel beste in die hand – tussen goeie vriende!

Ons bied veel meer as bloot net perfek voorbereide seekos in oormaat – hierdie is ‘n ervaring en belewenis om te onthou – tussen vriende, in ongewone en informele omstandighede waar ‘n eiesoortige manier van dinge doen oorheers .
Die ete gaan gepaard het ‘n musiek-vertoning, asook ‘n komiese vertelling deur die hoofkok Niel du Bois, bekend as die Kaap se strandkok en twakprater. Daar is ‘n luidsprekerstelsel beskikbaar.

ALGEMENE INLIGTING

A LA CARTE
Woensdag / Donderdag / Vrydag: 11h30 – 15h00

VOLLE MOSSEL
Dinsdag 14 Julie 2015 18h30 – 23h00
Woensdag 15 Julie 2015 18h30 – 23h00
Donderdag 16 Julie 2015 18h30 – 23h00
Vrydag 17 Julie 2015 18h30 – 23h00
Saterdag 18 Julie 2015 11h30 – 15h00
Saterdag 18 Julie 2015 18h30 – 23h00

Koste: R250 per persoon

DE VETTE MOSSELKUNSTENAAR PROGRAM

Di - 14 Julie 2015 - 18h30 - 23h00 (Zak Steyn)
Wo - 15 Julie 2015 - 18h30 - 23h00 (Francois Bouwer)
Do - 16 Julie 2015 - 18h30 - 23h00 (Francois Bouwer)
Vr - 17 Julie 2015 - 18h30 - 23h00 (Madison)
Sa - 18 Julie 2015 - 12h00 - 15h00 (Madison)
Sa - 18 Julie 2015 - 18h30 - 23h00 (Madison)

No comments :

Post a Comment