Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/12/2015

Blomkool met sampioene

1 blomkool
15 mℓ broodkrummels
15 g botter

Sampioenmengsel:
8 sampioene, die stele verwyder en in skywe gesny – behou die stele
420 mℓ melk
55 g botter
30 mℓ meel
Sout en peper

Prut die sampioenstele in die melk vir 30 minute.
Verwyder die stele en behou die melk vir die sous.

Kook die blomkool in water tot sag.
Dreineer en breek in spruite. Gooi die dik stingels weg.

Soteer die sampioene in 15 g botter vir 5 minute in ’n kastrol.
Hou eenkant.

Smelt die orige botter in dieselfde kastrol en roer die meel by.
Voeg nou die melk by. Roer tot dit kook, geur en kook dan vir nog 2 minute.

Meng die blomkool en sampioene en skep in ’n gesmeerde oondbak.
Gooi die sous oor en strooi dan die broodkrummels oor.
Stip met botter.
Bak by 200°C vir 15 minute.

No comments :

Post a Comment