Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/18/2015

Oondgebraaide varklies

1 kg varklies, maak fyn snytjies aan die vetkant
Sout
3 lourierblare
4 knoffelhuisies
3 dik repe lemoenskil

Voorverhit die oond tot 140°C.

Vryf die lies in met die sout. Maak seker dit penetreer die snye in die vet.
Plaas die lies vir 30 minute in die yskas.

Plaas die lourierblare, knoffel en lemoenskil op die rooster van ’n roosterbak. Plaas die vark bo-op.
Tap water in die bak, dit moet sowat 1 cm diep wees.
Plaas in die oond vir 3 uur.

Stel die hitte op 220°C en los vir ’n verdere 30 minute. Indien die vet nie lekker krakerig raak in die tyd nie, sit die oondrooster aan, maar hou jou oog daarop. Die vet moet nie brand nie.

Verwyder die lies, bedek met foelie en laat dit rus vir 15 minute.

Bedien die vark saam met ’n groenslaai en gebakte appels.

No comments :

Post a Comment