Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/22/2015

Patat-en-appel-kasserol

900 g patats, geskil, in die lengte gehalveer en die helftes in skywe gesny
60 mℓ botter
125 mℓ bruinsuiker
2 mℓ kaneel
1 mℓ neutmuskaat
Sout
2 appels, geskil, dit pit verwyder en in kwarte gesny. Sny elke kwart in 4 skywe.
125 mℓ granola

Smeer ’n 2 liter kasserol met 15 mℓ botter.
Plaas ⅓ van die patatskywe in die kasserol.
Strooi sout oor.

Meng die bruinsuiker, kaneel en neutmuskaat in ’n mengbak.
Strooi die helfte van die mengsel oor die patats ’n die kasserol en stip met 15 mℓ botter.
Lê die helfte van die appels bo-op die patats.
Herhaal nou al die lae. Eindig met die oorblywende patats en stip met die oorblywende 15 mℓ botter. Plaas die deksel op of bedek met foelie.
Bak vir 25 minute by 190°C.

Verwyder die deksel en drup die bak se vloeistof nou oor die inhoud en strooi die granola oor. Bak vir ’n verdere 35 minute, of tot die patats sag is.
Bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment