Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/10/2015

Artisjokke au gratin duxelles

900 g Jerusalem-artisjokke
Gelyke dele melk en water – genoeg om die artisjokke te bedek
170 g fyngekapte sampioene
1 ui, fyngekap
30 g botter
30 g meel
Sout en peper na smaak
45 mℓ volroom melk
15 mℓ broodkrummels – gerooster
30 mℓ gerasperde kaas

Plaas die artisjokke in ’n kastrol en bedek met die melk en water. Prut vir 10 minute of tot dit sag is.
Dreineer en skep in ’n gratinbak. Behou 280 mℓ van die vloeistof vir die sous.

Smelt die botter in ’n kastrol en smoor die ui en sampioene daarin vir 4 minute.
Haal die deksel af en kook op hoog tot amper al die vloeistof weggekook het.
Verwyder van die hitte en roer die meel en behoue vloeistof by.
Plaas dit terug op die hitte en roer aanhoudend tot dit kookpunt bereik het. Kook vir 2 minute.
Geur met sout en peper en roer die melk by.
Skep die sous oor die artisjokke, strooi die broodkrummels oor, strooi die kaas oor en bak vir 10 minute by 200°C.

No comments :

Post a Comment