Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/11/2015

Spaghetti met ’n tamatie-en-ansjovis-sous

Bedien: 3 persone
Voorbereidingstyd: 10 minute
Kooktyd: 15 minute

30 mℓ olyfolie
1 knoffelhuisie, fyngedruk
4 ansjovisfilette, fyngekap
400 g blikkie kersietamaties
30 mℓ fyngekapte vars pietersielie – en ekstra pietersielie vir garnering
Sout en varsgemaalde swartpeper
250 g spaghetti, gekook volgens die aanwysings op die verpakking
80 mℓ gerasperde pecorino of parmesaan – plus ekstra om oor te strooi

Verhit die olyfolie, knoffel en ansjovis geleidelik in ’n pan. Kook tot die ansjovis gedisintegreer het – roer gereeld.
Voeg die tamaties by en prut vir 10 minute of totdie sous effens afgekook het.
Voeg die pietersielie by en geur na smaak.
Meng die paste met die kaas en skep dan die sous oor.
Strooi ekstra kaas oor en garneer met die pietersielie.

No comments :

Post a Comment