Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes


8/31/2015

Encore! (Fleur du Cap-kookboek)

’n Kookboek met ’n verskil. Suid-Afrika se bekendste en beste akteurs, dié wat die afgelope 50 jaar ’n Fleur du Cap-teatertoekenning ontvang het, deel hul gunstelingresepte.

Smul saam met onder andere:

 Pieter-Dirk Uys
 Marc Lottering
 Casper de Vries
 David Kramer
 Sandra Prinsloo
 Marius Weyers
 “Grotman” Hannes Muller
 “Phantom of the Opera” André Swartz, en
 Marthinus Basson.

Die sterre se resepte wissel van eenvoudig (’n ham-en-kaas-toebroodjie of ’n lekker macaroni-en-kaas) tot gevorderd (beesstert en oondgeroosterde wildsvleis). Van die resepte bevat ook ’n Oosterse geurtjie. Jy kan ’n hele maaltyd met dié boek beplan: Hoe klink Carel Nel se romerige mossels as voorgereg, met Wilna Snyman se waterblommetjiebredie en Penelope Youngleson se koolslaai daarna en Philip Dikotla se koekstruif as nagereg?

Koop / Buy Encore! (Fleur du Cap-kookboek) >>



Encore! (Fleur du Cap-kookboek) / -- Human & Rousseau, 20 Julie 2015. -- 336 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798169523

No comments :

Post a comment