Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/30/2015

The Giggling Gourmet by die Lanzerac

Die Lanzerac Hotel in Stellenbosch se uitvoerende sjef Stephen Fraser en kos-maniak Jenny Morris (The Giggling Gourmet) span binnekort hul talent saam vir ’n spesiale feesmaal op Saterdag 19 September.

Dié twee en die Lanzerac se keldermeester Wynand Lategan gaan gaste trakteer op ’n onvergeetlike dag van die beste in spys en drank. Onder andere sal jy die geleentheid hê om van die landgoed se uitgesoekte Heritage-reeks wyne te proe. Dit gaan insluit die Pionier Pinotage, The Mrs English Chardonnay en Le Général.

En wat is ’n feesmaal sonder musiek? Die Bottomless Coffee Band sal sorg dat die ore gespits bly.

Kaartjies vir die unieke geleentheid kos R595 per persoon. Gaste het ook die geleentheid om van spesiale afslag vir die hotelkamers gebruik te maak. Pryse sal wissel van R1095 tot R1800 per nag. Akkommodasie sluit ontbyt in.

Bespreek asseblief by Zelda Furstenburg by winesales@lanzerac.co.za of 021 886 5641.

No comments :

Post a Comment