Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/17/2015

Engelse uiesous

2 uie
30 mℓ botter
30 mℓ meel
120 mℓ melk
Sout
Varsgemaalde swartpeper
Knippie neutmuskaat

Bedek die uie met water in ’n kastrol en kook tot die uie sag is.
Haal die uie uit en behou die vloeistof.
Sny die uie fyn.

Smelt die botter in ’n souspan.
Verwyder van die hitte en roer die meel by.
Plaas terug op die plaat en kook oor lae hitte vir 4 minute – roer aanhoudend.

Bring die melk tot kookpunt en voeg dit by die bottermengsel. Roer dit oor kookwater tot die sous begin verdik. Voeg dan die uie by en 120 mℓ van die ui-water. Geur met sout, peper en neutmuskaat.


No comments :

Post a Comment