Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/18/2015

Groenboontjies met ’n kaassous

750 g groenboontjies, die punte verwyder en middeldeur gesny
1 gerasperde ui
Sout en peper
5 mℓ gedroogde basiliekruid
20 mℓ botter
40 mℓ meel
60 mℓ van die water waarin die boontjies gekook is
60 mℓ room
60 mℓ gerasperde cheddar

Kook die groenboontjies, sout, peper, basiliekruid en ui saam in 120 mℓ water tot die boontjies sag is.

Smelt die botter in ’n souspan en roer die meel by. Dit moet ’n gladde sous vorm. Roer dan die boontjie-water, kaas en room by.
Bedien die boontjies met die sous.

No comments :

Post a Comment