Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/04/2015

Hoender en knoffel

Dalk moes die naam van die gereg gewees het “Knoffel en hoender”, want jy het 40 knoffelhuisies nodig.

Jy het ’n braaipak nodig, een van so 1,4 kg
40 afgeskilde knoffelhuisies
Die skil en sap van 1 suurlemoen
130 mℓ droë witwyn
65 mℓ droë vermouth
65 mℓ olyfolie
4 stokke seldery, in dik skywe gesny
30 mℓ fyngekapte vars pietersielie
10 mℓ droë basiliekruid
5 mℓ droë oreganum
Knippie rissiepoeier
Sout en peper na smaak

Spuit ’n oondpan en pak die hoender daarin met die vel na bo.

Meng al die bestanddele saam, behalwe die knoffel, suurlemoenskil en die sout en peper. Gooi die mengsel oor die hoender.
Rangskik die knoffel en suurlemoenskil op en om die hoender.
Geur met sout en peper.
Bedek die pan met foelie en bak by 190°C vir 40 minute.
Verwyder dan die foelie en bak vir ’n verdere 15 minute.

No comments :

Post a Comment