Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/06/2015

Pasta-en-boontjiesop

Hierdie sop is genoeg vir 4 persone, maar as jy vind dat dit ’n bietjie te min is, kan jy gewoon ekstra aftreksel byvoeg.

1 ui, fyngekap
20 mℓ olie
400 g haricot bone – indien dit droë bone is, moet dit oornag week
2 liter hoenderaftreksel
30 mℓ tamatiepasta
Varsgemaalde swartpeper
200 g tagliatelle of ander soortgelyke pasta
50 g gerasperde parmesaan

Verhit die olie en braai die uie tot deurskynend.
Stel die hitte op laag en voeg die bone en warm aftreksel by. Plaas ’n deksel op die pot en laat stadig kook vir 1 uur.

Voeg die tamatiepasta by en kook vir nog 2 ure.

Verwyder omtrent ’n derde van die bone en druk dit deur ’n fyn sif. Plaas dit dan terug in die pot.
Geur met sout en peper en gooi die pasta by. Kook tot die pasta gaar is.
Verwyder dan van die hitte en strooi die parmesaan oor.

Laat die sop effens afkoel in individuele bakkies daarvoor geëet word. Dit moet egter nog warm wees.

No comments :

Post a Comment