250 mℓ gebraaide sampioene
60 g gruyère, in blokkies gesny
2 repe spek, in blokkies gesny
30 mℓ fyngekapte pietersielie
1 ui, gekerf
5 mℓ sout
2,5 mℓ peper
2,5 mℓ neutmuskaat
4 eiers, geklits
500 mℓ room
Skilferkorsdeeg
Braai gesnyde sampioene in ’n bietjie botter vir 3 minute.
Braai nou die spek in dieselfde pan.
Meng die sampioene, spek, kaas, pietersielie en ui en versprei die mengsel egalig in ’n tertbak wat met skilferkorsdeeg uitgevoer is.
Meng die geurmiddels saam met die room en eiers en gooi oor die mengsel in die tertbak.
Bak die quiche by 200°C vir 10 minute.
Draai die oond af na 180°C en bak tot gestol.
Bedien die quiche warm.
Opsioneel: Maak individuele tertjies in ’n muffin-pan.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
No comments :
Post a Comment