Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/23/2015

Pikante hoender

Het jy al ooit hoender in lemmetjiesap geproe? Nie? Jy mis iets. Mens maak dit sommer in Lime Cordial gaar. Vir dié resep probeer ons ’n ander kombinasie. Ons noem dit sommer pikante hoender.

Die sap van 1 lemmetjie
125 mℓ hot blatjang
60 mℓ Dijon-mosterd
6 hoenderborsies, skoongemaak
30 mℓ botter
Gewone jogurt
Vars gekapte koljander

Meng die lemmetjiesap met die blatjang en mosterd. Dit is nou jou marinade waarin jy die hoenderborsies gaan laat lê, bedek in die yskas, vir 30 minute. Sorg dat die marinade oraloor die borsies is.

Na 30 minute haal jy die hoender uit die sous. Behou die marinade.

Smelt die botter in ’n pan en braai die hoender daarin vir 10 minute.
Gooi die marinade nou by en kook vir nog 5 minute.
Verwyder die hoender uit die pan en kook die oorblywende sous oor hoe hitte vir 1 minuut.
Gooi die sous oor die hoender en bedien dan saam met ’n skeppie jogurt. Strooi die koljander oor.

No comments :

Post a Comment