500 mℓ melk
½ ui waarin jy 2 naeltjies gedruk het
60 g broodkrummels
45 mℓ botter
Sout en witpeper
’n knypie rooipeper
Sit die ui in die melk en laat die spulletjie stadig kook tot die melk goed gegeur is.
Verwyder nou die ui en gooi die broodkrummels by. Kook stadig terwyl jy aanhoudend roer. Roer tot die sous begin dik raak. Voeg nou die botter by en geur met sout en peper en die knippie rooipeper.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.
No comments :
Post a comment