Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/26/2015

Rys met ertjies / Risi e Bisi

Hierdie Italiaanse gereg is wêreldwyd bekend en gewild.

50 g pancetta, in stukkies geknip
’n hand vol vars pietersielie, fyngekap
½ ui, fyngekap
Knoffelhuisie, fyngekap
50 g botter
800 g jong ertjies
250 mℓ water
Knippie suiker
1 liter aftreksel
250 g rys
Sout en varsgemaalde swartpeper
50 g gerasperde parmesaan

Braai die pancetta, pietersielie, ui en knoffel in die helfte van die botter in ’n swaarboompot.

Voeg nou die ertjies, die water en die suiker by. Plaas die deksel op en kook vir 5 minute.

Voeg die aftreksel by. Sodra dit begin kook gooi jy die rys by en geur met sout en peper.

Wanneer die rys gaar is kom die res van die botter en die parmesaan by.

Party mense verkies om ’n risotto tipe rys te gebruik vir die resep.

No comments :

Post a Comment