Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/12/2015

Skilferkors

As jy nog nie hierdie soort deeg gemaak het nie, lees eers Die moets en moenies van tertdeeg.

170 g meel
140 g botter
Suurlemoensap
Sout
Koue water

Sif die meel en sout saam.
Verdeel die botter in 4 dele en vryf 1 deel in by die meel.
Meng die water met ’n skeut suurlemoensap en roer dit met ’n platmes by die meel. Gebruik genoeg water om ’n taamlik stywe deeg te vorm.
Knie die barsies uit die deeg en rol uit.
Verdeel die orige 3 dele botter in 4 dele.
Neem 1 deel botter en begin by die bo-ent van die uitgerolde deeg en sit klein stukkies botter op 2/3 van die deeg.
Vou die onderste 1/3 sonder botter na boontoe om en vou dan die boonste 1/3 met botter oor die onderste deel. Daar lê dus nou ’n kaal deel tussen die 2 dele wat met botter bedek is.
Verseël die kante deur liggies met ’n rolstok daarop te druk.
Draai die deeg sê sy wat na jou toe wys na die linkerkant.
Rol nou die deeg uit tot al die botter ingerol is.

Rol nou die deeg weer uit soos die eerste keer, vou weer soos die vorige keer – die keer sonder botter.
Rol uit en gebruik soos verlang.


No comments :

Post a Comment