Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/13/2015

Bonanza braaisous

Hoekom bonanza? Want hierdie sous kan gebruik word vir omtrent enige vleis, wild of pluimvee op die braai.

2 knoffelhuisies, fyngedruk
1 ui, fyngekap
125 mℓ olie
60 mℓ fyngekapte olywe
250 mℓ fyngekapte geskilde tamaties
80 mℓ droë witwyn
Die sap en gerasperde skil van ’n lemoen
80 mℓ suurlemoensap
30 mℓ Worcestershire-sous
80 mℓ bruinsuiker
10 mℓ meel
Sout en varsgemaalde swartpeper
’n skeut Tabasco

Braai die knoffel en ui in die olie tot dit begin verkleur.
Voeg die olywe, tamaties, wyn, lemoen, suurlemoensap, Worcestershire-sous en bruinsuiker by.
Verhit tot kookpunt, draai die hitte dan af en prut oor lae hitte vir 30 minute.
Verdik die sous deur die meel by te roer.
Geur met sout, peper en Tabasco.
Gooi die sous deur ’n sif en gebruik.

No comments :

Post a Comment