Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/11/2015

Nataniël Somerkombuis - Pretoria

Die jaar lê amper op sy rug en die meeste mense se kookvernuf begin daaronder ly ...

In die vierde seisoenkombuis van 2015 sal jy weer jou muse kan laat herleef!

Tydens hierdie unieke kook-en-kletsgeleenthede staan Nataniël letterlik op die verhoog en demonstreer eenvoudige dog smullekker geregte, terwyl hy die een spontane spitsvondigheid na die ander kwytraak. Die resepte van die betrokke aand se seisoenkombuis is na die tyd in die voorportaal beskikbaar, en daarna ook op ons webwerf - hou dit in `n leer vir volgende jaar!

Somerkombuis vind op 9 November plaas - bring jou kinders saam om die eindeksamen-blues `n bietjie te verdryf!

Met: Nataniël

Genre: Kook
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Kaartjies: R200
Tydsduur: 90 minute (geen pouse)
Plek: Atterbury-teater, Lynnwood, Pretoria
Datum: 9 November – 19:00

Nataniël Somerkombuis - Pretoria,
Roekeloos,
11 Oktober 2015. 2

No comments :

Post a Comment