Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/10/2015

Hoender chili

Die resep is genoeg vir 4 persone.

125 mℓ olie
4 hoenderborsies, ontbeen en skoongemaak
90 mℓ water
’n ½ ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
250 mℓ tamatiesous
200 mℓ bier
125 mℓ hoenderaftreksel
15 mℓ rissiepoeier
1 opgesnyde soetrissie
10 mℓ gemaalde komyn
5 mℓ gedroogde oreganum
5 mℓ sojasous
5 mℓ Worcestershire-sous
5 mℓ sout
5 mℓ paprika
2 mℓ borrie
2 mℓ gedroogde tiemie
’n knypie droë mosterd

Verhit die olie in ’n pan en braai die hoenderborsies daarin tot goudbruin. Draai dit halfpad om.
Behou 30 mℓ van die olie.
Dreineer die hoender op handdoekpapier. Wanneer dit afgekoel het sny jy dit in blokkies en hou eenkant.

Verhit die olie van hierbo in ’n dikboomkastrol en braai die ui en knoffel daarin vir 5 minute.
Voeg die hoender en die res van die bestanddele by. Bring tot kookpunt. Verlaag dan die hitte en prut dit stadig vir 20 minute. Roer net af en toe.

Garneer met fyngekapte stingeluie en bedien dit op rys, fynaartappels, pasta of net so.

No comments :

Post a Comment