Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/07/2015

Suikervry - 8 weke na vryheid van suiker- en koolhidraatverslawing

Almal weet suiker is sonde.

En koolhidrate is nou ook erg onder skoot. Maar hoe gemaak om van dié twee verslawings genees te word?

Suikervry (geskryf deur Karen Thomson en Kerry Hammerton, met dieetkundige Tamzyn Campbell en ’n voorwoord deur prof. Tim Noakes) is propvol navorsing en voedingsadvies om jou te help om suiker- en koolhidraatverslawing te verstaan. Dit bevat weeklikse maaltydplanne en resepte wat deur ’n dieetkundige goedgekeur is (wat opsies vir vegetariërs insluit), asook dagboekoefeninge om jou te help om die denkpatrone en die fisieke en emosionele kettings van ou eetpatrone te breek.

Karen Thomson is by Clover Aardklop om meer te vertel en dese en gene aan te moedig om die eerste tree te neem na ‘n gesonder leefstyl.

Genre: Boeke
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Tydsduur: 45 minute
Plek: ATKV Boeke-oase, Potchefstroom
Datum: 8 Okt. – 12:30

Aardklop 2015

Suikervry - 8 weke na vryheid van suiker- en koolhidraatverslawing,
Roekeloos,
1 Oktober 2015. 2

No comments :

Post a Comment