Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/17/2015

Varkwors risotto

l ℓ aftreksel, kokend
50 g botter
½ ui, fyngekap
300 g Arborio rys
80 mℓ droë witwyn
Sout
150 g varkwors, die vleis uitgedruk en opgekap
60 mℓ gerasperde parmesaan

Smelt die helfte van die botter in ’n swaarboompot en braai die uie daarin tot dit begin deurskynend raak.
Roer nou die rys by tot alles met die botter bedek is.
Draai die hitte hoër en gooi die wyn by. Roer tot dit verdamp het.
Stel die hitte effe laer en gooi ’n groot opskeplepel aftreksel (sowat 60 mℓ) by. Roer tot dit deur die rys opgeneem is en gooi dan die volgende lepel by. Hou so aan tot al die aftreksel gebruik is.
Voeg nou die vark by. Roer aanhoudend tot die vark gaar is.
Verwyder dan die pot van die hitte en roer die parmesaan en res van die botter by. Bedek en laat so staan vir 5 minute voor jy dit bedien.

No comments :

Post a Comment