Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/16/2015

Kaaspastei

Jy het ’n ryk broskorsdeeg nodig vir hierdie pastei. Gebruik hierdie resep vir ryk broskorsdeeg of koop bevrore deeg.

Verder benodig jy:

500 mℓ gerasperde parmesaan of enige kombinasie van jou gunsteling kaas
15 mℓ meel
125 mℓ room
125 mℓ melk
3 geklitste eiers
Sout en peper
2,5 mℓ neutmuskaat

Voer ’n pasteibak uit met die deeg.

Meng die kaas en meel.

Klop die room, melk en eiers saam met die sout, peper en neutmuskaat.
Meng dan die kaas saam met die mengsel.
Gooi dit in die uitgevoerde bak en bak vir 10 minute by 200°C.
Verlaag die hitte tot 160°C en bak vir ’n verdere 25 tot 30 minute.

Bedien die tert warm. Dit kan in klein skywe saam met slaai bedien word as ’n maaltyd of as ’n bykos saam met vleis.

No comments :

Post a Comment