Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/05/2015

Aspersie risotto

1 kg aspersies
1 blokkie aftreksel
50 g botter
1 ui, fyngekap
300 g Arborio rys
100 mℓ droë witwyn
Sout
Varsgemaalde swartpeper
50 g gerasperde parmesaan

Spoel die aspersies af en sny die punte af. Behou die punte.
Kook die aspersies in soutwater tot baie sag.
Haal die aspersies uit die water en verwerk in ’n voedselverwerker tot ’n pulp. Gooi die pulp terug in die water waarin jy dit gekook het.
Roer die blokkie aftreksel by en prut stadig oor lae hitte.

Intussen smelt jy 40 g van die botter in ’n swaarboomkastrol.
Voeg die uie by en braai liggies vir ’n paar minute.
Roer nou die rys by en roer tot die rys goed bedek is met die botter.
Gooi die wyn by en stel die hitte hoër. Roer tot die wyn verdamp het.
Roer nou die aspersie-vloeistof bietjie vir bietjie by. Roer aanhoudend.
Wanneer al die vloeistof geabsorbeer is verwyder jy dit van die hitte en roer die res van die botter by, asook die parmesaan. Bedek en laat 5 minute rus voor jy dit bedien.

Jy kan die aspersiepunte in ’n ander gereg gebruik of dit gaar stoom en die risotto daarmee garneer.

Opsioneel: Gooi 'n hand vol gaar ertjies by saam met die botter en parmesaan.

No comments :

Post a Comment