Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/21/2015

Gekookte slaaisous

Hierdie sous hoef net-net vir slaai te wees nie, jy kan dit ook gebruik as ’n smeersel by peuselhappies.

5 mℓ sout
5 mℓ mosterd
5 mℓ suiker
22 mℓ meel
30 mℓ asyn
200 mℓ melk
15 mℓ botter
2 eiergele, geklits
Die wit van 1 eier, geklits
’n knypie rooipeper

Meng al die droë bestanddele en voeg dan die eiergele by.
Voeg die botter en melk by en plaas op matige hitte. Roer tot die sous begin dik word.
Voeg nou die asyn by en klits aanhoudend.
Haal dit van die stoof af en voeg die eierwit by.

No comments :

Post a Comment