Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/19/2015

Hoe om slakke te oes

As jy slakke uit jou tuin wil gebruik kan jy hulle op een van die volgende maniere oes:

1. Plaas die slakke in ’n sak met semels of hawermeel vir 6 dae,
2. Of hou hulle in ’n mandjie met die blare van 2 koppe kropslaai en ’n paar snye brood wat eers in water geweek is en toe uitgedroog is met die hand. Bedek die maandjie en laat dit staan vir 3 dae.

So word die slakke gereinig van enige giftige plante wat hulle dalk geëet het.

Was die slakke agterna in koue water en week hulle dan 2 uur lank in ’n glasbak of emalje pot met koue waarby 250 mℓ asyn en ’n hand vol growwe sout gegooi is. Dreineer die slakke gereeld en vervang die mengsel, tot die water skoon bly.

Dreineer nou die slakke. Gooi enige slakke weg wie se koppe nie uit hulle dop gepeul het nie. Verwyder die res uit hulle doppe.



(foto Rosa Say)

No comments :

Post a Comment