Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/11/2015

Pasop vir die bederfbare

As jy graag jou kaas, of ander bederfbare produkte, aanlyn bestel moet jy bedag wees op die moontlike gevare. Daar word verwag dat tot 7% van ons om geriefshalwe die Kerstyd vars produkte aanlyn gaan bestel.

Navorsers in Wenen, Oostenryk, het 108 verskillende rou melk kase ontleed wat hulle uit sewe verskillende Europese lande bestel het. Net 19 van die kase het aan die Europese Unie se riglyne vir dié produkte voldoen.

Rou melk kaas word gemaak van ongepasteuriseerde melk, wat 'n hoër risiko van mikrobiologiese besmetting inhou.

Twee kase, uit Frankryk en Nederland, het bakterieë bevat wat uiters gevaarlik kan wees vir swanger vroue en immuungekompromitteerde persone. Nog 32 het bakterieë bevat wat jou waarskynlik sal siek maak. Meer as helfte van die kase is verskeep sonder die voldoende verkoeling en amper die helfte het geen aanduiding gehad van wanneer dit verval nie.



(foto Frauke Lejeune / Vetmeduni Vienna)

No comments :

Post a Comment