Gee jou kruisskyf ’n Oosterse geurtjie met die resep.
2,5 cm gemmer, geskil en fyngekap
500 g kruisskyf, in dun skywe van so 5 cm lank gesny
60 mℓ olie
20 mℓ mielieblom
125 mℓ water
20 mℓ sojasous
5 mℓ sesame-olie
5 mℓ oestersous
5 mℓ rissiesous
8 stingeluie, in stukke van 2,5 cm gesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
170 mℓ rou kasjoeneute – sonder sout
Verhit 15 mℓ van die olie in ’n wok of ’n groot pan.
Roerbraai die helfte van die vleis op ’n slag daarin tot dit verbruin het. Dit behoort so 3 tot 5 minute te neem. Gooi weer 15 mℓ in die pan voor jy die volgende 250 g braai.
Hou die vleis eenkant.
Meng die mielieblom, water, sojasous, sesame-olie, oestersous en rissiesous saam.
Verhit die orige 30 mℓ olie in die pan en roerbraai die gemmer, stingeluie, knoffel en kasjoeneute saam vir 1 minuut – dit moet oor hoe hitte wees.
Roer nou die sous en die vleis by. Roerbraai tot die vloeistof begin kook en verdik.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
12/10/2015
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a Comment